TUISBLAD

Choose Language

Tuin

2016

DIE TUIN IS OOP VIR BESOEKERS VANAF 15 SEP 2016  TOT 15 OKT 2016.

GEEN TEETUIN IS BESKIKBAAR HIERDIE JAAR

 

Die tuin is aangelê teen ‘n natuurlike klipperige helling met noord oos aansig en beslaan tans ongeveer 0.8 hektaar. Die area was ruig bebos met populier en wilde olienhout. Jong populiere is verwyder en word steeds met die hand verwyder. Die olienhout bome se merkwaardige stamme is onder oopgeknip. Daar is paadjies en trappe uitgelê. Die paadjies en trappe volg die pad van minste weerstand deur die landskap. Vele Clivias en ander skaduplante is aangeplant—insluitend bromelias, azaleas en varings.

‘n Varingkwekery is begin om aan die tuin te voorsien.

Baie voëls is op verskillende tye van die jaar in die tuin doenig.

In September is daar ‘n skouspel van clivias en azaleas.